Meer as twee jaar nadat ’n skikking bereik is in die uitgerekte groepsgeding-eis teen Transnet, wag 852 pensioentrekkers steeds op die verhogings wat hulle toekom.
Hierdie oponthoud word veroorsaak omdat Enoch Godongwana, minister van finansies, sloer met die goedkeuring van nuwe reëls vir die Prasa-pensioenfonds.
Die regspan wat amper sewe jaar lank die hofsaak gevoer het totdat Transnet in Oktober 2019 uiteindelik ’n skikkingsooreenkoms aangegaan het, gaan nou terug hof toe om die minister te probeer verplig om die reëls af te teken.