Mmusi Maimane het met die trots wat net ’n nuwe pa kan hê, op sosiale media aangekondig hy en sy vrou, Natalie, is ’n babadogtertjie ryker.
Maimane, voormalige leier van die DA en nou betrokke by die beweging One South Africa (OSA), het in ’n stempos-boodskap op Twitter gesê die gesin is dankbaar teenoor God vir dié dogtertjie. “Dit is ’n nuwe hoofstuk in ons lewens. Sy is die derde kind van ons gesin,” sê Maimane.
Hy het op Instagram ’n foto van die baba gedeel.