Dr. Mpho Phalatse, burgemeester van Johannesburg, het haar “sielsgenoot gevind en is gelukkig om ’n nuwe lewe te begin en saam oud te word”.
Mabine Seabe, Phalatse se woordvoerder, het dit Dinsdag in ’n verklaring gesê.
Die tonge het begin klap toe dit oor die naweek bekend geword het dat Phalatse getroud is.