Die tugverhoor van die geskorste Matie wat glo op ’n medestudent se besittings geürineer het, het Woensdagmiddag voortgegaan, al het sy vermeende slagoffer geweier om sy verdere samewerking te gee.
Theuns du Toit het Woensdag saam met sy regsverteenwoordiger en ouers by die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) opgedaag vir die verhoor.
Die medestudent, Babalo Ndwayana, was ook daar om te getuig, maar het teen middagete die lokaal saam met sy regspan verlaat. Buite het hulle namens hom gesê hy weier om verder met die US se sentrale dissiplinêre komitee (SDK) te vergader weens die ingesteldheid van die paneel.