Arresteer hom!
Dit is die eis van die 20-jarige Babalo Ndwayana, die slagoffer van Maties se “urine-voorval” wat daarop aandring dat die polisie onmiddellik vir Theuns du Toit in boeie moet slaan.
Dit volg nadat Ndwayana hierdie week uit Du Toit se dissiplinêre verhoor gestap het omdat hy en sy regspan glo die verhoorpaneel is nie objektief nie. Hulle beweer ook die polisieondersoek na die voorval sloer omdat die slagoffer swart is.