Die voorval waarin ’n student in een van die Universiteit Stellenbosch (US) se manskoshuise op ’n ander student se besittings geürineer het, is so goed soos iemand wat op die Grondwet urineer, sê Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste.
Hy het gepraat op ’n konferensie ter viering van die herdenking van die Wêreldkonferensie teen Rassisme wat in 2001 in Durban gehou is.
“Die voorval in Stellenbosch is een te veel die afgelope paar maande,” sê hy.