Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het nie die beweerde verkragting in Maart op sy Bloemfontein-kampus probeer wegsteek nie, sê prof. Francis Petersen, UV-rektor en visekanselier.
Die Bloemfontein-kampus was vandeesweek in die nuus nadat dit bekend geword het dat ’n vrouestudent meer as twee maande gelede glo deur ’n manstudent op die kampus verkrag is.
Lacea Loader, UV-woordvoerder, het vroeër bevestig die voorval het glo op 20 Maart op kampus gebeur en is dieselfde maand by die relevante universiteitstrukture aangemeld.