Die Valke sê hul ondersoek na Tariomix en Zircon Diamonds and Gold, twee maatskappye van die omstrede sakeman Louis Liebenberg, het nou ’n kritieke fase bereik.
Kapt. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder, het Maandag bevestig dat die ondersoek gedoen word, maar gesê geen verdere inligting sal in dié stadium bekend gemaak word nie.
Intussen verklaar Liebenberg op sosiale media hy gaan verskeie generaals in die polisie spreek, asook die hoof van die Valke.