’n Ongeluk vroeg Vrydagoggend op die N1 voor Plattekloofweg in die rigting van Kaapstad waarby 13 voertuie betrokke is, het erge verkeersopeenhopings veroorsaak.
Volgens inligting van die Kaapstad-metro is dit nog onbekend hoeveel mense beseer is.
“Dít is ’n dinamiese ongelukstoneel en die syfers kan nog aangepas word.”