Die wrak van 'n vermiste vliegtuig is Sondagoggend in die Kinkelbos-gebied in die Oos-Kaap gevind.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het aan Netwerk24 gesê sy het nog geen verdere inligting nie, behalwe dat 'n soekspan in 'n beboste gebied op die wrak afgekom het. Twee mense is dood aangetref, volgens haar.
Sy sê sy wag nog op verdere terugvoering van die soekspan en dat selfoonontvangs in die gebied baie sleg is.