Suid-Afrika se weer die naweek is die verhaal van twee kante – koel en reënerig oor die ooste en baie warm oor die weste.
Volgens Annette Botha, meteoroloog van Vox Weather, word die reënweer veroorsaak deur die tropiese storm Ana, wat intussen aansienlik verswak het.
Daar sal veral Saterdag reën oor KwaZulu-Natal en Mpumalanga wees, met donderstorms wat oor Noordwes-Gauteng en die Bosveld sal beweeg, sê sy.