Die lyke van nog tien mense wat deur die vloede in KwaZulu-Natal meegesleur is, is onlangs deur nooddienste gevind.
Senzelwe Mzila, woordvoerder van die departement van samewerkende regering in dié provinsie, het Maandag aan Netwerk24 bevestig dat 445 mense in die provinsie nou weens die vloede dood is.
“Daar word ook nog gesoek na minstens 48 mense,” het Mzila gesê.