In die Deelpan-omgewing in Noordwes moes 98 huishoudings ontruim word weens swaar reën en oorstromings die afgelope tyd.
Deelpan is sowat 25 km van Sannieshof af.
Bushy Maape, Noordwes se premier, het die nedersetting Donderdag besoek as deel van die provinsiale regering se volgehoue pogings om oplossings vir die vloedgeteisterde gemeenskap te vind, lui ’n verklaring wat die premierskantoor oor die besoek uitgereik het.