’n Airlink-vlug van Johannesburg na Oos-Londen is na die lughawe in Gqeberha herlei ná drie mislukte pogings om in gure weer by die Koning Phalo-lughawe te land.
Die gure weer het Oos-Londen Maandagmiddag laat getref en tot swak sigbaarheid gelei.
Nicola Smith, bestuurder van die Koning Phalo-lughawe, sê die vlug sou om 17:45 geland het nadat dit 16:15 van die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park opgestyg het.