Geen nuus is goeie nuus. Met die nuus oor die verknorsing van die Lugmagbasis Bloemspruit en geldprobleme van die Vrystaat en Noord-Kaap sou mens bykans met geen nuus tevrede gewees het.
Buiten dat ons waghond-joernaliste dié stories opgediep het, sluit hul weeklikse aanbod ook onder meer mooi mensestories, hekelrubrieke en pragfoto’s in – soos oor die ‘skilder van Galeshewe’, ‘oom Cyril’ se koninklike kuier en die ‘koningin van Afrikaans’ en die ‘koning van Twitter’ wat ook glo ’n oudiënsie wou hê.
Die Weermag se geldprobleme tas ook die operasionele vermoëns van die Lugmagbasis Bloemspruit by Bloemfontein aan.