Dit is langnaweek! Sit agteroor en lees hier ‘n keur van berigte en artikels wat die afgelope week in Volksblad verskyn het. Kyk ook weer na die afgelope week se Volksblad-voorblaaie.
’n Mooi storie oor ‘n Bloemfonteinse tjokker wat sy los melktand in ‘n rugbywedstryd verloor het, en die hele skoolgemeenskap wat die tand vir die tandefee help soek en uiteindelik gekry het, gryp lesers aan.
Rudi Gericke van Ficksburg, die vermeende moordenaar van die jong boer Evan Sourour, is reeds twee maande in die hospitaal. Gericke is ook in die skietery waarin Sorour dood is, gewond en het glo twee keer by die dood omgedraai en onlangs weer ‘n terugslag beleef.