Die jaarlikse veiling van volstruise in Oudtshoorn het die bedryf ’n goeie hupstoot gegee met superieure genetiese materiaal.
So sê dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, wat Woensdag die 17de jaarlikse veiling op die departement se volstruisnavorsingsplaas in die dorp geopen het.
Altesaam 77 volstruise is teen gemiddeld R4 500 elk verkoop. Die hoogste prys wat betaal is, was R7 250.