’n Vraag op Wie word ’n Miljoenêr Woensdagaand het tientalle kykers en selfs die deelnemer op die betrokke episode op hol gehad.
Terwyl mense Donderdag nog oor die betrokke vraag se antwoord op kykNET se Facebookblad geredekawel het, het Etienne Fourie, wat Woensdag die deelnemer was, erken dat sy antwoord verkeerd was.
Rian van Heerden, aanbieder van Wie word ’n Miljoenêr, het Fourie vir R250 000 gevra: "Watter een van die volgende skeepswrakke het nie by Kaappunt ’n laaste rusplek gevind nie?"