Enkele dae voordat die balju sou beslag lê op bates en bankrekenings van Denel het die staat se wapenvervaardiger begin om meer as R300 miljoen se uitstaande salarisse aan sy werknemers te betaal.
Onder die werknemers wat hierdie week betaal is, is mense soos die outo-elektrisiën Theuns Scholtz, wat in Desember 2021 laas enige salaris van Denel gekry het. Scholtz het gister sy eerste salaristjek in sewe maande gevier deur sy vrou, Amanda, na die East Rand Mall te neem sodat sy vir haar ’n slag ietsie nuuts kan koop.
’n Ingenieur wat homself net as Robert wil identifiseer, sê hy gaan vir die eerste keer in twee jaar vleis braai, terwyl Cindy, ’n kantoorwerker, uitsien na haar eerste warm bad in twee maande omdat haar elektrisiteit weens wanbetaling afgesny is.