’n Vrou en ’n kleuter is Donderdag in ’n botsing tussen twee bakkies op die R700 noord van Bloemfontein dood. Nog ’n vrou is in die ongeluk beseer.
’n Vrou van in die 40 en ’n meisie van sowat vier jaar oud, is langs die bestuurder in een van die bakkies dood.
Die bestuurder, ’n vrou in haar 30’s wat ernstig beseer is, was in die bakkie vasgekeer en meganiese toerusting is gebruik om haar te bevry.