’n Vrou, wat moontlik in haar 30’s was, is Donderdagoggend in Margate dood nadat sy in die moeilikheid beland het in die see.
Shawn Herbst, Netcare911-woordvoerder, sê paramedici is Donderdagoggend omstreeks 07:40 na North Beach ontbied.
“Die lewensredders het haar uit die see gered en met noodbehandeling begin,” sê Herbst.