’n Vrou wat van Ceres na Franschhoek gery het, is steeds geskok nadat haar motor Maandagoggend deur ’n groot klip getref is wat ’n man na haar gegooi het.
Nadine Kriel (19) sê sy was Maandag omstreeks 07:00 op die Hugenote-tonnelpad op pad werk toe.
“Ek het my geld by die tolhek betaal en aangery. Die voorval was naby die eerste brug op pad na die Paarl,” sê Kriel.