Twee afsonderlike groepe vroue “wat nie betaamlik genoeg geklee was nie” is Saterdag in ’n wynproelokaal in Upington gevra om klere “wat alle dele van hul liggame bedek” te gaan aantrek voordat hulle bedien sou word.
Claudia Smith, ’n plaaslike inwoner, sê die voorval in Orange River Cellars het haar geskok en getraumatiseer.
Smith was daar saam met twee vriendinne, van wie sy een agt jaar laas gesien het. “Ek is ’n groot aanhanger van die wynbedryf en geniet dit om op wynproe-toere te gaan. Ek het dus gedink dit is iets lekkers om my vriendin mee te bederf.”