Die vroueslaner Jaco Swart beweer hy is die afgelope week in Gauteng deur ’n groep onbekende mense aangerand.
Die 38-jarige motorverkoopsman het berug geword nadat kringtelevisiekameras gewys het hoe hy sy vervreemde vrou, Nicoleen, by sy onderneming in Pretoria skop en slaan.
Hy is verlede week met R20 000 beboet weens dié aanvalle op sy vrou in November 2018.