’n Vrystaatse egpaar het die naweek die grootste deel van hul weiveld in een van verskeie veldbrande in die provinsie verloor.
Jaco (34) en Marlize (33) Burger, skaap- en beesboere, is sowat 1 000 ha van hul 1 384 ha weiveld in die Wepener-omgewing kwyt nadat ’n veldbrand Saterdag weer opgevlam het. Hul grond strek oor drie aangrensende plase, Eureka, Anniesdale en Aanhouwen.
Die Burgers is van die stoetery JL Trinity Dohne Merino.