Die sogenaamde Facebook-verkragter is nie die man wat in Mei verlede jaar in die Mangaung- Korrektiewe Sentrum doodgebrand het nie.
Thabo Bester, wat in 2012 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is, bevind hom moontlik buite die tronk, het Bheki Cele, minister van polisie, Vrydag erken.
Hy het op ’n mediakonferensie in Germiston oor die polisie se voorbereiding vir die EFF se #NationalShutdown-betogings Maandag gesê DNS-toetse het bewys dit was nie Bester se verkoolde lyk wat onder ’n matras in sy tronksel gevind is nie. “Dit mag dalk korrek wees om te sê die persoon (Bester) is daar buite. Dit is hoekom die polisie die saak ondersoek.”