Op ’n jagplaas in die Bosveld maak ’n groepie jagters oudergewoonte reg om te gaan skiet.
Hulle skiet vir die pot, maar nie vir hul eie tafels nie. Die wild wat hier gejag word, word verpak in pakkies van 500 g elk en uitgedeel aan behoeftiges.
“Ons help al minderbevoorregtes van lank voor die korona-pandemie. Geen haan het nog ooit daarna gekraai nie. Hoekom nou skielik? Dis alles net politieke magspeletjies,” sê een van die boere.