* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.
Stel jou voor jy hardloop op die rugbyveld, reg om vir 80 minute jou hart uit te speel, maar dan word jy aangesê om die spel met krieketreëls te speel.
Dit is die eenvoudige vergelyking wat Chola Makgamathe, van die Suid-Afrikaanse Musiekregteorganisasie (Samro) en Copyright Coalition of South-Africa (Copyright Collective), getref het in haar openbare kommentaar oor die Wysingswetsontwerp op Outeursreg.