Die lewens van ’n enkelma en haar twee kinders wat ’n aanval buite die Krugerwildtuin oorleef het, is besig om stadig maar seker na normaal terug te keer.
Melani de Beer (39) het Maandag gereedgemaak om skoolboeke oor te trek nadat haar seun, Marno (11), teruggekeer het skool toe.
Sy sussie, Miah (14), wat in die been geskiet is, sterk nog tuis aan en sal volgende week skool toe gaan.