’n Ooggetuie wat die dag op die toneel was toe die jong boer Willem Kruger se lyk in November ontdek en uit die Vaalrivier gehaal is, glo Kruger het “om sy lewe geveg” om uit die voertuig te probeer ontsnap.
Daar is aanvanklik aanvaar dat Kruger (29) waarskynlik verdrink het, maar daar word die laaste ruk wyd bespiegel oor die omstandighede waaronder hy dood is.
Netwerk24 se bron vertel Kruger se lyk is tussen die sitplekke van sy bakkie gekry.