Die toneel waar Willem Kruger se lyk in sy bakkie gekry is nadat hy in November ná ’n ramparty vermis geraak het, was so versteur dat die polisie vrees belangrike bewysstukke kan daarmee heen wees.
Dít ondanks uitdruklike opdragte van ondersoekers en die Kruger-familie dat die toneel afgesper en onaangeraak gelaat moes word totdat die polisie se toneel-spesialiste daar kon kom.
Volgens wat Rapport verneem, is ondersoekers wat die doodsraaisel probeer oplos, so woedend daaroor dat hulle dit oorweeg om sake van regsverydeling in te dien.