Creation Wines in die Walkerbaai-omgewing van Hermanus is Woensdag as die tiende beste wynplaas ter wêreld aangewys en geloof vir sy uitsonderlike benadering tot nie net wyn nie, maar die algehele ervaring wanneer ’n mens die plaas besoek.
Die World’s Best Vineyards-kompetisie is ’n aanlyn kompetisie waar mense van reg oor die wêreld kan stem vir hul gunsteling-wynplase.
Die wenner is Zuccardi Valle de Uco in Mendoza, Argentinië, tweede is Bodegas de los Herederos del Marqués de Riscal in Rioja, Spanje, en derde is Château Margaux in Bordeaux, Frankryk.