’n Groep Zimbabwiese boere wil nou die titelaktes van hul grond aan ’n buitelandse entiteit sedeer.
Dié stap is ’n drastiese poging om druk op hul regering te plaas om hulle te vergoed vir grond wat 20 jaar gelede in oudpres. Robert Mugabe se grondhervormingsprogram afgevat is.
In 2020 het die regerende Zanu-PF wel erken dat hy vergoeding aan die boere verskuldig is en hom tot ’n afbetalingsreëling verbind. Die regering het egter nooit by die ooreenkoms gehou nie.