REGSTELLING: Daar is verkeerdelik berig dat oudpres. Jacob Zuma tronkklere moet dra terwyl hy vandag sy broer, Michael, se begrafnis bywoon. Die verklaring deur die departement van korrektiewe dienste meld dit is “nié nodig” dat gevangenes tronkklere dra terwyl hulle buite die gevangenis op deernisverlof is nie.