Wes-Kaapse brandbestryders was Dinsdag op die toneel van minstens twee brande.
Brandspanne van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) is Dinsdag na ’n brand aan die voet van die Dwarskersberg buite Rawsonville ontbied.
Volgens die KWDM is verskeie hulpbronne en grondspanne ontplooi. Die brand het vinnig na ’n klein en ontoeganklike kloof aan die bopunt van die berg versprei wat weens lae wolkbedekking en ligte reën nie gesien kan word nie.