Minstens drie huise is Dinsdagmiddag weens ’n veldbrand in Beachview, Gqeberha, beskadig, terwyl sewe ander huise as voorsorgmaatreël ontruim is.
Die brand het om 10:00 in dié gebied se digte bosse begin woed en is deur sterk wind aangedryf.
’n Inwoner sê die veld het vroeër die oggend sowat 100 m van die naaste huise in die punt van Scallopstraat gebrand toe die wind skielik rigting verander en die vlamme op die huise afpyl.