Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) se branddienste gaan voort om ’n brand te bestry wat vier dae gelede op ’n onbeboude stuk grond langs die Villiersdorp-pad, buite Worcester, ontstaan het.
Volgens Jo-Anne Otto, woordvoerder van die KWDM, verskaf die digte, uitheemse plantegroei ’n baie hoë brandstoflading, wat deur moeilike terrein vererger word.
“Die spanne het laat Donderdagmiddag hul hande vol gehad toe die wind die brand in verskeie rigtings aangeblaas het,” sê sy.