Terwyl sowat 70 000 ha veld al sedert Vrydag in die verwoestende brande tussen Lohatla, Kuruman en Daniëlskuil verwoes is, is Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, blykbaar onbewus van dié ramp.
Die brande het in die omgewing van Lohatla uitgebreek en van daar af na Kuruman en Daniëlskuil versprei.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Kathu ondersoek die oorsaak van die brande.