Honderde boere en brandbestryders swoeg al vir dae aaneen onverpoosd om ’n brand wat op verskeie plekke by die Wonderwerk-grotte gestig is en teen Sondagmiddag steeds op die pad tussen Kuruman en Daniëlskuil gewoed het, onder bedwang te bring.
Derduisende hektaar veld is reeds verwoes en die verlies aan vee is enorm.
Die jongste brand volg nadat 85 000 ha weiveld in Augustus vanjaar in die John Taolo Gaetsewe-distrik afgebrand het.