’n Motor met meganiese probleme het Woensdag op die N1 naby Bloemfontein aan die brand geraak en só ’n reuse-veldbrand in dié gebied veroorsaak.
Die brand het sowat 15 km suid van die stad begin toe die bestuurder van die pad af trek en die voertuig aan die brand geraak het. In die proses het die veld langs die pad het ook begin brand en die vlamme is in ’n westelike rigting aangedryf deur ’n stormsterk wind.
Braam van Zyl, afdelingshoof van die Mangaung Metro se brandweer- en noodreddingsdiens, sê hulle kon die vlamme by die motor gou blus, maar teen daardie tyd het die brand al vinnig versprei.