Charmaine Meiring, ma van ’n driejarige tweeling, moes Saterdag ’n stukkende traliedeur oopbreek om met haar twee seuntjies uit ’n brandende huis te vlug.
Meiring sê sy en haar kinders het ’n middagslapie geneem in hul huis in Riebeeckstad, Welkom, toe sy van ’n rookreuk wakker geword het.
Sy het die slaapkamerdeur oopgemaak en gesien die hele huis is vol rook.