’n Veldbrand wat reeds Saterdag buite Kimberley uitgebreek en Sondag verwoesting by Salt Lake veroorsaak het, woed nou buite bedwang teen die N12 by Ritchie en Modderrivier suid van die stad.
Motoriste is Maandag op die N12 sowat 15 km buite die stad voorgekeer en gevra om terug te draai.
Sterk wind dryf die vlamme aan en boere het ’n oproep om hulp en bystand gedoen.