Weldoeners het die uitgeputte brandslaners in drie afsonderlike brande in die Noord-Kaap “dag en nag” bygestaan.
Georganiseerde landbou, die distriksmunisipaliteit se rampbestuurspan, sakelui, ’n veiligheidsmaatskappy en vrywilligers van ander plase en dorpe het ingespring om die brandslaners te help.
’n Emosionele Jan Joubert, voorsitter van Agri Kuruman, vertel hoe weldoeners kos en water gestuur het na die moeë brandslaners en ook self ingespring het om die brande te help blus.