Sowat 50 000 ha weiveld is al die afgelope maand suid van Bloemfontein deur brande vernietig. Die laaste brand in die gebied was Maandagaand op Leeuwberg, die plaas van adv. Colin Steyn (59).
’n Gedeelte veld in ’n woonbuurt in Bloemfontein het ook Dinsdag gebrand.
Cobus Coetzee, boer en ondervoorsitter van Koppies Kraal-landbou, asook die voorsitter van die brandkomitee vir die gebied, sê die afgelope maand gaan dit woes suid van Bloemfontein waar ’n motor wat op die N1 aan die brand geraak het sowat ’n maand gelede die veld op ses plase tussen Bloemfontein en Reddersburg laat afbrand het.