Talle plase in die Glen-omgewing buite Bloemfontein is die afgelope week deur twee verskillende veldbrande verwoes, maar géén leeus het uit hul kampe gekom nie.
Die brand het wel op die plaas Olivia deur die hokke van die leeukamp versprei, maar geen leeus is beseer of dood nie, sê Liezel Smit, gemeenskapspolisiëringsverteenwoordiger vir Glen.
Sy sê in die eerste brand Maandag is sowat 10 000 ha weiveld en wildkampe verwoes. Die diere is betyds na veiliger plekke geskuif en geen diere is dood nie.