Brandspanne veg verbete teen hemelhoë vlamme by die hoofingang van die spoglandgoed Val de Vie in die Paarl.
Dit is een van talle brande wat die naweek uitgebreek het en wat brandspanne van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit Saterdagaand steeds beveg.
Die brand in die Paarlvallei, waar Val de Vie onder meer geleë is, word as een van die ergstes beskou.