Die onlangse brand in die Wes-Vrystaat is die grootste enkele brand tot nog toe in die provinsie, sê dr. Jack Armour van Vrystaat Landbou (VL).
VL het die gemeenskap gevra om boere te help wat miljoene rande se vee en weiding in dié brand verloor het.
Meer as 104 000 ha het op 12 en 13 Julie in die gebied tussen Koffiefontein, Jagersfontein, Edenburg en Tierpoort afgebrand.