Meer as 15 000 ha weiveld is die naweek vernietig toe verskeie verwoestende veldbrande in die Vrystaat gewoed het.
Van die plase in die Ventersburg- en Virginia-omgewing is heeltemal afgebrand en dit is nog nie duidelik hoeveel wild en vee in die brande beseer is of doodgebrand het nie.
Boere, brandbestryders en vrywilligers het sedert Vrydag gespook om dié brande, aangedryf deur sterk winde, in bedwang te bring.