“God dwing homself nie op mense af nie en daarom moet (koronavirus-)inentings ook nie afgedwing word nie.”
Dit was Maandag die standpunt van eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier, op ’n konferensie waar die party “entstof-slagoffers” die geleentheid gegee het om hul ervaring te deel.
Soreka Oosthuizen, ’n gesondheidswerker, en Zakhele Goqo, ’n paramedikus, het teenreaksies ervaar nadat hulle verlede jaar met die entstof van Johnson & Johnson (J&J) ingeënt is.