Hoewel die skolesektor hard gewerk het om die nadelige gevolge van die Covid-19-pandemie te minimaliseer, het hulle ook aanvaar dat die skade wat dit aangerig het so diep is dat dit nie sonder meer vinnig herstel sal word nie.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het dit Dinsdagmiddag aan LP’s in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gesê oor die impak van dié pandemie die afgelope twee jaar op die sektor.
Volgens haar is sowat 3 300 onderwysers, “byna 1% van ons arbeidsmag” in skole oor die land heen, aan Covid-19 dood.